|
Die Heilige Gees met 'n
seremonimeester vergelyk!
Joh 16:13,
14:
Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle
in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie,
maar
alles wat Hy hoor,
sal Hy spreek
en die
toekomstige dinge aan julle verkondig.
Hy sal
My verheerlik,
omdat
Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
'n Seremonimeester moet oa. aan die bruidegom eer gee.
'n Seremoniemeester by
'n troue sal al die lig en aandag op die
bruidegom laat val. Al die deugde, kennis van en bekwaamhede van
die bruidegom sal aan die gaste deurgegee word. 'n Seremoniemeester
wat dit nie doen nie, is die naam seremoniemeester nie werd nie!
"Hy sal My verheerlik ..." Die Gees is nie gestuur om Sy eie of
'n nuwe koninkryk te vestig onder die vaandel van die Gees nie. Die
Gees is nie gestuur om
mense se aandag
op Homself en die bonatuurlike manifestasies van die Gees of
wonderwerke van die Gees te vestig nie! Die Gees is nie gestuur
om middelaar
tussen ons en God of Jesus te wees nie. Hy is nie die segsman of
woordvoerder
met wie ons moet praat
soos wat baie doen as hulle in die gebed met die Gees praat: "Kom Heilige Gees en doen...werk...gee..." Die Heilige Gees fokus nie
die mense se aandag op Homself nie: "Can you feel the Holy Spirit?"
Die Gees maak ons nie meer Heilige Gees bewus nie!
Jesus
self sê dat ware herlewing geken sal word aan die werk van dié "Seremoniemeester".
"Hy sal dit neem
uit wat aan My behoort"
(ek
tou emou (grieks) - uit
dit wat syne of eie is aan Hom is,
"en aan julle verkondig" (aan ons deurgee of wys.) Hy sal Homself
nie verheerlik nie!
"Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie.
Dit is my Vader wat My verheerlik..." (Joh 8:54)
Dit is
die werk van die Seremoniemeester.
Ware
herlewing is dus nie waar daar 'n opgewondenheid is oor die Gees, Sy
gawes en wonderwerke nie (want die Gees verheerlik nie Homself nie!)
maar
waar mense uit 'n diens kom oorweldig deur 'n bewondering vir wat
eie of kenmerkend
is van Jesus Christus:-
- Sy Persoon:
Hy is God (Kol 1:15), die Skepper self (Heb1:1-2) wat homself
verneder het en die gestalte van 'n dienskneg aangeneem het toe Hy
mens geword het. Sy vleeswording is een van die grootste
wonderwerke. Daar sal nooit weer so 'n 'mens' gebore word nie.
Paulus het gesê: "Ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te
weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde." (1 Kor 2:2)
-
Sy Woord:
Die Gees is soos die luidspreker. Hy gee net deur wat van die
mikrofoon (Christus die Woord) kom, want "alles
wat Hy hoor
(van Christus),
sal Hy spreek."
(Joh 16:13) Die Gees werk deur die duidelike uitleg van die Woord
van God: "Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen
nut nie;
die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe."
(Joh
6:63)
Alle sg. herlewings wat nie kom uit suiwer Woord (= Christus, Joh
1:1) verkondiging nie, is die naam herle-wing nie werd nie.
-
Sy lewe:
Kyk na Sy lewe. Nooit weer sal daar iemand so wonderlik wandel op
hierdie aarde nie. Nooit weer sal iemand sulke liefde openbaar of
sulke wyshede spreek nie. Sy woorde en lewe het deur die eeue,
mense en regerings deursuur. Ons kalender herhinner ons dat Hy hier
was. (Vanjaar 2009 jaar na Sy geboorte)
-
Sy dood:
Daar was baie helde wat gesterf het, martelare wat ook gely het,
maar daar was nooit weer iemand soos Jesus nie. Daar is geen ander
godsdiens op aarde met so 'n wonderlike verhaal nl. dat God self
mens geword het om as mens onder my naam, my straf aan die kruis te
ontvang, sodat ek nooit weer oor my sonde gestraf hoef te word nie.
-
Sy opstanding en hemelvaart:
Al die 'gode' van alle godsdienste, van Buddha tot Mohammed, lê nog
in hul grafte. Jesus se graf is leeg. Hy het opgestaan. Met
engele begeleiding het Hy opgevaar. Daarna het Hy gaan sit aan die
regterhand van God waar Hy vir sy kinders intree.
-
Sy wederkoms:
Hy kom weer en elke knie sal voor Hom buig; elke oog sal hom sien en
elke tong sal bely dat Hy die Christus is.
(Rom 14:11)
Dit is die Gees wat "... die toekomstige dinge aan julle verkondig."
Herlewing is wanneer die
Heilige Gees die werk doen van 'n seremoniemeester.
Onderskei!
Wees
gewaarsku wanneer
wonderwerke, manifestasies van die gees en die geestelike charisma,
kennis en gawes van die prediker mense so betower het, dat hulle oor
niks anders kan praat as oor die werking en teenwoordigheid van die
gees
deur die besondere 'annointed' prediker. Populariteit was nog nooit
'n bondgenoot van die waarheid nie! Dan het ons met 'n valse
herlewing en dalk 'n valse profeet te doen! Waarom? Die
Seremoniemeester was nie daar om Sy taak te verrig om die bruidegom
'op te lig' nie - al was die naam van Jesus so talryk soos konfetti
gestrooi gedurende die diens!
Wees
gewaarsku wanneer mense uit sg. herlewingsdienste kom met 'n bewondering vir en
bewustheid van die Gees!
Wees
gewaarsku wanneer dit 'n herlewing genoem word a.g.v die
groot skares
wat die dienste bywoon.
Wees
gewaarsku wanneer die dienste gekenmerk word deur
nuwe manifestasies
van die 'gees' waarvoor daar nie duidelike
Nuwe
Testamentiese ondersteuning is nie! Ware herlewing kom as die ou-ou
tyding van die Woord gebring word. Dit sal altyd
nuut wees om dit
weer te hoor!
DB. Dick
|