Mobile Evangelisation Tents

 

 
 

Meer oor M.E.T.

Die onstaan van M.E.T.

   

Vroeg in die sewentiger jare was daar 'n geestelike herlewing in die N.G. Kerk te Greytown. Uit die herlewing het 'n tent aksie ontstaan.  Ds. Denzel Dick was die tweede leraar wat na die aksie beroep is (1980). Op 20 Maart 1987 het die gemeente besluit om nie meer met die tentbediening aan te gaan nie. 'n Groep sendingvriende het egter van die Kerkraad se besluit gehoor en 'n vergadering by die sendingpastorie belê, en besluit dat die geseënde werk moes aangaan.  'n Trust onder voorsitterskap van Francois Pretorius is gestig.  Ds. Dick en twee evangeliste sou die werk doen, en die Trust sou die Here vir fondse vertrou.

 

As ons vandag terugkyk, sien ons met verwondering hoe God sy werk in stand gehou en uitgebrei het.

 

 

 

Is 'n veldtog ekonomies?

 

 

'n Ekonoom het bereken dat dit ongeveer 14 evangeliste een jaar lank sal neem om die mense te bereik wat in 10 dae met die veldtogte bereik word

Dit is 'n GEWELDIGE KOSTEBESPARING vir die gasheer-gemeente.  'n Verhouding van 10:1 is genoem, m.a.w. vir elke EEN RAND wat aan M.E.T. betaal word, word TIEN RAND gespaar op wat dit sou kos om die werk op die gewone wyse te doen.

Benewens finansieële besparing, bring so 'n mobiele aksie ook 'n geweldige BESPARING AAN KOSBARE TYD.  So 'n tentaksie 'n is ontsaglike hulp vir die plaaslike swart gemeente waar 'n veldtog gehou word. Hierdie tipe geestelike werk is BEDOEL OM PLAASLIKE GEESTELIKE WERK te stimuleer.  Daarbenewens, word mense die kans gegee om ten minste eenkeer die Evangelie duidelik te hoor.  Hulle bloed sal nooit van ons geëis kan word nie (Eseg 3:18).

 

 
 

Jes 41:17: "Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie, hulle versmag na dors.  Maar Ek die Here sal hulle gebede verhoor…" Met hierdie teks het die Here my geroep en Hy is besig om sy Woord waar te maak.
- Denzel-

 
 

Kort geloofsverklaring.

   

reddot.gif (852 bytes)   M.E.T. is 'n fundamenteel - Bybelgefundeerde aksie wat die gesag van die Bybel onvoorwaardelik oor ons lewe erken.

reddot.gif (852 bytes)   M.E.T. glo dat JESUS CHRISTUS DIE ENIGSTE HOOP vir ons land se MENSE is.

reddot.gif (852 bytes)   M.E.T. glo dat SENDINGWERK DIE NO.1 SAAK in die gemeente behoort te wees.

reddot.gif (852 bytes)   Ons glo nie aan 'n goedkoop Evangelie nie maar dat die Gees van die Here deur sy Woord werk.

 

Wie dra M.E.T. Finansieël?

  M.E.T. IS 'N GELOOFSAKSIE GEBORE UIT HERLEWING OM die Evangelie UIT TE DRA EN WAT ERVAAR DAT DIE HERE VOORSIEN IN AL ONS BEHOEFTES OM DIE TAAK TE VOLBRING deur bydraes afkomstig van    - individue
                                                                                                              - en gemeentes.
 

 

 

Terug na bo

Hit Counter

Non-Profit Organisation Reg. No.: O55-756-NPO

Kopiereg /Copyright : Geen / None

Opdatering / Last update : July 30, 2010