| Ons werk op
uitnodiging enige plek in ons land en is tot beskikking van alle
Protestantse kerke,
evangeliese groepe asook individue.
M.E.T. STEL SY DIENSTE EN ERVARING VAN MEER AS 20 JAAR TOT BESKIKKING, om onder meer:
Tent
veldtogte te hou.
Evangeliese boodskappe
beskikbaar te stel in gedrukte vorm sowel as op CD, in verskillende
landstale, vir gebruik in oggendgodsdiens op plase en in besighede. (sien
ons Katalogus vir meer inligting)
Hulpmiddels daar te stel om
sodoende meer begrip te verkry m.b.t die uitdagings om die evangelie in
Afrika te bedien wat beskikbaar is op CD en DVD. (sien ons Katalogus vir
meer inligting)
PERSONE (w.o. Studente, plaasboere, besigheidsmanne, gemeentelede, ens.)
wat aktief by sendingwerk betrokke is, of wil word, TOE TE RUS in 'n
inINDIENSOPLEIDINGSITUASIE by 'n tent.
aan
LERAARS / EVANGELISTE en lekewerkers van alle erkende kerke,
onafhanklike kerke of groepe OPLEIDING TE VERSKAF, sodat hulle hul eie
mense se geestelike behoeftes (bv. Sieke pastoraat, prediking, ens.)
skriftuurlik kan hanteer.
Ons land sit midde-in 'n ontsaglike sendinguitdaging
en 'n oop deur. Ons tente trek groot skares wat werklik dors na die
Woord van God. Ten spyte daarvan dat ons tentspanne het, raak ons maar
nog net aan die oppervlak van die ontsaglike groot nood. Ons bid dat die
Here christene sal belas met 'n passie vir die redding van die land se
mense.
|