|
Twee van die belangrikste beginsels in besluitneming.
Ons glo dat die HG ons sal lei in besluite. Dit is
goed. Die vraag is net hoe of op watter wyse sal Hy ons lei?
1. Die Heilige Gees werk deur ons verstand.
Dit is "God wat in julle werk om te wil en te werk na
Sy welbehae." (Fil 2:13) Dit is dus waar dat die Here ons 'n verstand
gegee het om verstandige en beredeneerde besluite te neem. Daarom die
oproep om volwasse in die verstand te wees. "Broeders,
moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die
boosheid en wees volwassenes in die verstand."
(1Cor14:20) God moet ook met ons logika gedien
word. "En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou
hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele
verstand."
(Luk 10:27)
Jesus verwyt dikwels dat mense besig is om te dwaal
en afvallig te word omdat hulle nie hul verstand gebruik en die logika
van 'n saak insien nie. "En Hy sê vir hulle: "Is
julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite
af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie."
(Mar 7:18) Onlogiese en onverstandige
benadering en besluitneming word gekoppel aan dwase:
"...... nuttelose stryery van mense wat verdorwe in
hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die
godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense."
(1Tim 6:5) Die
eerste Bybelse beginsel in besluitneming is dus dat ons nie
onverstandige besluite sal neem nie! Bereken die koste voordat jy begin
bou om te sien of jy die projek sal kan voltooi! (Luk 14:28) Byvoorbeeld,
om 'n baie duur motor te koop waarvan jy nie die paaiemente kan bekostig
nie, ipv. 'n goedkoper een, is 'n dwase besluit.
2. Leiding deur die Woord.
Die tweede
belangrike vraag is: Hoe praat die HGees met my? Is dit net met 'n vrede,
'n gevoel oor 'n saak? Of speel die Woord vandag nog 'n rol - nie net as
'n historiese boek van beginsels nie maar as 'n vars ter sake
sprekende woord wat leiding gee in spesifieke alledaagse sake. Gaan die
Woord vandag nog leiding gee in alledaagse lewens besluite? Om prakties
te wees, kan die Here deur 'n bybelgedeelte vir my lei in 'n belangrike
besluit soos bv. om 'n huis te koop?
Ons het gesien dat Jesus belowe het dat Sy Woord
algemene beginsels gee vir elke besluit: "..... die Trooster..........Hy
sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir
julle gesê het. "
(Joh 14:26).
Ons moet ons Bybels ken.
Hy verseker ons dat die Heilige Gees ons sal lei met
leiding wat sy oorsprong by God het. "Maar wanneer Hy gekom het..............
Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself
spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek...
" (Joh 16:13).
Die Heilige gees praat nie uit Sy eie nie. Wat Hy by
Sy Vader hoor, sal Hy aan ons deurgee. Jesus, die ander lid van die
drie-eenheid, werk presies op dieselfde beginsel. Jesus beskryf
Homself as "iemand wat julle die waarheid vertel het, wat ek van God
gehoor het." (Joh 8:40). Ons behoort op dieselfde beginsel te werk,
nl. dat wat ons van God hoor, behoort ons te spreek. Wat kom by ons
monde uit? Is die vrese wat koerante aan ons opdis? Is dit die
bangmaakstories van mense oor die toekoms? Selfs waar dit oor sake gaan
waar ons die hele prentjie nie sien nie en die toekoms nie ken nie, wil
die Gees dat ons die Woord sal spreek want die Gees werk deur die Woord.
So sal die Gees lei: ".....en die toekomstige dinge aan julle
verkondig."
Al ons vrae, vrese, gedagtes, beplanning en
besluitneming moet ons daarom na God neem. Vra Hom dat Hy Sy Woord
lewend vir jou sal maak deur 'n spesifieke Skrifwoord leiding vir 'n
spesifieke aktuele situasie te gee.
"En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het:
As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels."
(Joh 8:31).
'n Man en sy vrou wil graag weet, kan hulle 'n
plekkie by die see koop. Beide praat met vriende en familie. Daarna is
hulle eers verward. Finansieel sou so 'n besluit aanvanklik baie druk op
hulle plaas. Hulle onthou wat Jesus van die Heilige Gees gese het dat Hy
nie uit Homself sal spreek nie maar "wat Hy hoor by Sy
Vader, sal Hy spreek". Hulle besluit om op voorbeeld vd Heilige Gees en
Jesus eers by God te hoor. Die Here ken mos die toekoms! Kom, laat ons
Hom vra. Hulle besluit om daaroor te bid en op leiding te wag terwyl
hulle getrou hul Bybels lees. Albei kry met hul stiltetyd dieselfde
skrifgedeelte: "Hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die
berg." (Dan 11:45)
Die Here het wat hy oorspronklik aan Daniel gese het, lewend vir hulle
vir hierdie tyd gemaak en daarmee duidelike leiding aan die familie
gegee. Baie jare later sou daardie huisie 'n groot uitkoms vir verblyf,
finansies en 'n pensioen blyk te wees.
Denzel
Dick
|