|
Ons land sit midde-in 'n ontsaglike sendinguitdaging
en 'n oop deur. Ons tente trek skares wat werklik dors na die
Woord van God. Ten spyte daarvan dat ons tentspanne het, raak ons maar
nog net aan die oppervlak van die ontsaglike groot nood. Ons bid dat die
Here Christene sal belas met 'n passie vir die redding van die land se
mense.
Jy kan betrokke raak deur:
Jongmense kan vir 'n tyd by een van die tente kom werk om praktiese
ervaring op te doen.
Deur by projekte betrokke te raak soos bv. Bybelverspreiding,
traktaatjie verspreiding en kasset, CD en DVD verspreiding.
'n EVANGELIS aan te neem deur hom/haar finansieël en met gebed te dra.
Die tentaksie finansieël te ondersteun.
Deur
M.E.T. onder u vriende, gemeente en ander se aandag bring.
Deur
'n gebedsvennoot te word asook deur die eerste Sondag van die maand saam
te vas en te bid.
|