Mobile Evangelisation Tent

 

 

 

 

Nuusbrief

   

 

 

Argief Nuusbriewe in pdf

Maart 2010

November 2009

 

Indien u enige van die vorige nuusbriewe wil hê, kan u ons gerus kontak en ons stuur dit vir u aan.

 

 

Julie 2010

 

1.   God betrokke by die klein kingetjies

2.   Wes-Kaap

3.   Empangeni

4.   Die verhaal van Joseph Dladla

5.   Vryheid span

6.   Vrystaat span

7.   Vanuit die kantoor

8.   Gebed

 

 

 

God betrokke by die klein dingetjies! 

 

Mat 10:28- 31:  "Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies."

   God word in die Bybel voorgestel as die alomteenwoordige, alwetende en alsiende God.  'n God wat die hemelruim en die aarde geskep en onderhou, maar ook 'n God wat intens betrokke is by die nietigste en geringste gebeure hier op aarde.  Sy betrokkenheid sluit in 'n bestuur van wat selfs met die geringste soos voëltjies gebeur.  Daarom het iemand opgemerk: 'Waarom het jy nog nooit 'n maer voëltjie gesien nie; want die Here sorg vir elkeen van hulle!' Selfs wanneer een doodgaan, is God  betrokke.

   Wat die mens betref, sluit Sy heerskappy ook sg. onbenullighede in soos: nie 'n haar op my kop ontwortel en val uit, sonder Sy  beheer en bestuur nie!  Elke selletjie in my liggaam is onder Sy beheer.  "Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles." (Ps 103:19).  "Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep." (Ps 34:15)  "Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies" (Spr 15:3)

    Die rede waarom God ons vertel van Sy betrokkenheid selfs by die kleinste dingetjies is dat ons bevry sal word van al ons vrese dat Hy nie by alles betrokke is nie:  "Moenie vrees vir wat ..." (vs28)

     Ons dogter uit Australië het vir 'n tyd by ons in George gekuier.  Tien dae voor haar vertrek na Australië, het sy vir haar suster in Johannesburg gaan kuier.  Die laaste naweek vir haar daar het aangebreek.  Alles was gepak en reg vir haar vlug Maandagmiddag terug Australië toe.

In George het ek en my vrou die Vrydagaand teruggekom van 'n besoek.  Toe ons ons meenthuiskompleks binnery, het ons motor skielik krag verloor sodat ons met moeite net-net ons huisie kon haal.  Hier was groot probleme!  Ek besluit toe om die motor Maandag vir herstel te laat insleep en ons begin sommer dadelik alles van waarde in die motor bymekaar maak.  Dit is toe dat my vrou ons dogter se Australiese paspoort ontdek.  Sy sou nooit Maandag van Johannesburg na Australië kon vlieg nie!  Sy was onbewus daarvan dat haar paspoort nie by haar is nie.  Ons het dadelik geskakel en gereël om dit die volgende oggend (Saterdag) per spoedpos Johannesburg toe te stuur.  Saterdagoggend vroeg is ek uit na die motor.  Toe ek die motor aanskakel, was daar geen fout nie!  Na al die toetse Maandagoggend by die motorhawe, kon  hulle absoluut geen fout vind nie!  As die motor nie Vrydagaand gepla het nie, sou ons nooit die paspoort in die motor ontdek het nie.  Selfs al het ons dogter Sondag of Maandag ontdek dat haar paspoort nie by haar was nie, sou sy dit nooit betyds ontvang het nie.  Wat 'n God wat Sy vinger iewers ingedruk het sodat ons die paspoort betyds kon ontdek!

   Ons het die Here geloof vir Sy betrokkenheid.  Ons kon mekaar herhinner aan nog gevalle van Sy betrokenheid by skynbare onbenullige behoeftes in ons lewe.  Die keer toe my vrou net genoem het dat sy graag 'n hout gordynreëling vir ons badkamergordyn nodig het.  Daardie middag toe ons langs die see gaan stap, lê daar uit die see presies dit uitgespoel wat sy nodig het.  Die keer toe sy 'n glasdeksel vir haar mooi glasfles nodig gehad het en ek in 'n tweedehandse winkel presies so 'n deksel alleen op die rak sien -  asof die Here dit daar vir my neergesit het!  Toevallig?  Nee! Net verbeelding? Nee, beslis nie!  Dit is die God en Vader van onse Here Jesus Christus.  Dit is die God wat my hare getel het, die God wat vir die voëltjies die wurmpies wys.  'n Vader so wonderlik betrokke by die geringste behoefte van sy kinders.

 

 "n voordat hulle roep, sal Ek antwoord;
terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek."
(Jes 65:24)

 

"Give, and it shall be given unto you." (Luke 6:38)   Solomon said, "A generous man

will prosper; he who refreshes others will himself be refreshed"

(Proverbs 11:25).

 

 It is one of the many remarkable features of following Jesus,

that you cannot give without

receiving back even more than you gave. The other side is also true - you cannot receive

without giving.

 

"So, instead of going through life as a taker, grabbing desperately at everything

you can get your hands on, and then storing it up in secured bins of plenty -

open the flood gates of generosity and start being a giver. The truth be

told, you cannot live until you give."    

Ryle -

 

Wes-Kaap

Nico vertel:

"Tydens opvolgbesoeke wat ons op die plaas Uitvlug gedoen het, het 'n werker met die naam Kallie 'n oorgawe aan die Here gemaak. Ek kan daardie eenvoudige, maar opregte gebed nie vergeet nie: die noodkreet van 'n verlore siel wat na God roep vir redding. 

Toe ons weke daarna by Kallie kuier, getuig hy dat hy verlos is van drank.  Saterdae sit hy nou met sy visstok en wurmpies langs die plaasdam en visvang omdat hy gewalg word deur die dronkenskap in die gemeenskap rond-om hom. Soggens hou hy eers stiltetyd en dan voel hy so skoon soos 'n nuwe mens en is sommer lus vir die dag. 

Een Saterdagoggend het een van sy mede-plaaswerkers sy huis ingekom en hartseer begin huil omdat hy ook wou hê wat Kallie van die Here ontvang het. Kallie se meisie was maar baie skepties oor die 'bekering'.  Dit gaan mos nie nie werk nie!   Vandag erken sy dat die Here waarlik Kallie se lewe verander  het. Loof die Here vir nog 'n mens wat gered is. 

Kallie het met groot ywer begin om traktaatjies te versprei. Wat sy vorige lewenswandel betref, daarmee wil hy niks te doen hê nie. Sy ou vriende is dit eens dat die Here waarlik in Kallie se lewe ingegryp het.  Ons dank die Heer vir Sy genade in Kallie se lewe."

 

Empangeni Tent

 

Die Maart veldtog was onder plaaswerkers in die Hluhluwe distrik.  Ons dank die Here dat Hy op Sy manier mense met die behoefte om met Hom versoen te word, by die werkers uitbring.  Niemand kom tog na die Vader as die Vader hom nie trek nie!  Paulus. 'n werker en ook 'n indoena van een van die plase, het ook tot bekering gekom.  Hy het vertel dat die mense hom altyd die toordokter, noem (umthakathi, een wat dood kan maak). Sedert sy bekering het die mense so 'n groot verandering in hom gesien, dat hulle hom nie meer as 'n toordokter sien nie, maar as indoena respekteer.

 Die volgende veldtog was by Esikhawenin, naby Empangeni.  Die tent is genooi deur een van die honderde vreemdnamige kerke, nl. The God action Church.  Ook in die gebied moes die werkers preek te midde van 'n geweldige groot wantroue en verwarring onder die mense.  Die wantroue gaan oor predikers wat hul eie eer soek en hul posisies misbruik om geld te maak.  Die opkomste na die dienste was daarom aanvanklik maar drupsgewys.  Die meeste mense in die gebied se persepsie van 'n prediker is dat hy hulle gaan melk vir geld en met hul meisies of vrouens gaan lol.  Hierdie persepsie is baie algemeen in baie gebiede en maak evangelisasiewerk baie moeilik.  Dit het die werkers genoodsaak om baie   huis- en skolebesoek te doen.

Opvolg besoeke is ook gebring aan die enkelinge wat reeds 'n oorgawe gemaak het.  Nokukhanya (19jaar oud) het nog gekla oor probleme.  Toe die werkers vir haar begin bid, het sy soos 'n slang op die grond begin seil terwyl sy skreeu.  Dit was die Umamlambo (of slanggees) wat 'n baie algemene probleem onder die swartmense is.  Vir my was dit al die jare 'n wonderlike ervaring om die oorwinning van Jesus Christus in die praktyk te ervaar - soos in die geval weer waar hierdie jong meisie verlossing en verligting ervaar toe hierdie bose gees haar verlaat het.  Tydens besoeke aan haar later was sy vol lof en eer aan God vir haar bevryding.

Die tent is daarna geskuif na St. Lucia omgewing.  Dit was die eeste keer dat die tent in hierdie omgewing kom.  Een van die hoogtepunte tydens die veldtog was die bekering van 'n jong man (21jr).  Hy is geraak deur die Woord en het hulp kom soek vir sy dagga verslawing.  Hy was baie desperaat want hy het al so baie in eie krag probeer breek en was nie suksesvol nie.  Ons dank die Here dat dit nou baie goed met hom gaan.

*****************

Mpontshane het die volgende verslag gestuur van een van die tente te Empangeni.  Die Empangeni tent is in twee spanne opgedeel.  Hierdie is die tweede verslag.  Ons plaas dit in sy Engels soos hy dit gestuur het: 

Newsletter from the KwaSithebe (Mandeni) Campaign 

"This time we started our Campaign differently. We set up our tent and began with a three day period of prayer for the area as a preparation for the Campaign.  Thank you also for your accompanying prayers.

We have seen God doing so much. We are happy to be his servants.  We knew that people will be busy with 2010 Soccer World Cup, but the people attended instead of that. The weather was very cold, but the people came.  Another problem was that many preachers that visited the area before us used the Bible as a tool to get money from the people.  We needed to build up mutual trust.

Testimonies:


On the fourth day of the crusade we saw God's hand in the healing of a man who was demon possessed. He did not know his name and surname but we prayed for him and after that prayer he came back to his senses. From that day onwards he was again able to bath himself and wash his clothes.

Another man, Nkosi, called himself a pastor. He used to preach at KwaSithebe Clinic every day, but his problem was that he was addicted to cigarettes and alcohol. Through the preaching of the Word of God he repented and the following Sunday he testified about God s power and said that he was set free. From that day on he never stopped coming to the crusade, even during the day.

We saw God working in the life of Bongiwe, a 21 year old lady.  She was demon possessed by ancestral spirits called the amadlozi. This woman had extra marital relationsship and at the same time still fully involved in the church. We invited her to come for counseling and God dealt with her until she decided to leave her boyfriend and follow Jesus.

We saw God at work in a young man, who came and asked us many questions about a Zionist Church called Jericho. We taught him about the Word of God. After that he got saved and gave his life to Jesus.

We also saw God working in the people who did not come to the tent campaign.  Through the sound sistem and the preaching coming from the tent they heard everything. There was a 55-year old woman who was full of evil spirits such as the amadlozi, tikoloshe, mamlambo, izizwe, etc. That woman was healed in the name of Jesus.

There was another 35-years man. His parents passed away when he was five. His uncle and aunt adopted him. Sadly when he was 12 this aunt raped him and started to teach him how to have sexual intercourse. She used to show him her naked body everyday. Due to this situation he decided to go away and he went back to his father’s house. Because his Father’s house was destroyed he built a new one and made his living through the planting of maize.  This maize was destroyed by the neighbours cattle. He attacked the people and was then arrested and sent to prison. In prison he became sick. He used to see a green mamba and frogs and was very unhappy. After all that happened to him he became mentally disturbed.  

This man came for counseling. But praise God he gave his life to Jesus Christ. He was delivered  and now desires to become a member of our team.  We asked him to pray about it.

Finally, living for some time in this place we realized that this is a terrible place. The majority of the people is not married and lots of women have children without marriage. When we did our door-to-door visits we found most of the boys living together with their girlfriends without having paid lobola or being married. The people in this area really need God and His intervention through Jesus Christ as their Savior. Please pray for us as we work with the people."

 

"The truth is that we have become so accustomed to the confession

of sin and unfaithfulness, of disobedience and backsliding, that it is no

longer regarded as a matter for shame" 

-  Andrew Murray -

 

Die verhaal

van

Joseph Dladla

Agtien jaar gelede het Joseph by een van ons tentdienste tot bekering gekom.  Hy was in st.8 op daardie staduim en wou dadelik saam met die tent beweeg.  Ons het hom egter aangemoedig om eers matriek te voltooi.  Na matriek is hy Bybelskool toe en het daarna vir 'n aantal jare as tentleier veldtogte gehou.  Hier gee hy weer nadat hy by ons weg is.

 BRIEF HISTORY FOR KHETHANI CHRISTIAN FELLOWSHIP 

"It all started when I had a burden in my heart to share the gospel with the Winterton community since according to how I observed there was no doctrinally/ evangelically sound church among the black community. I would drive a total of 46km to Winterton, from where I used to stay, preaching in schools, to a group of people working in a factory as well as domestic workers on a weekly basis. This was from August 2003. As the time went on, two white pastors from the Assemblies of God and the N.G. church offered me some support towards this work. Soon after that all the five Winterton White churches (NGs, Methodists, Assemblies, Anglicans and Lutherans) put hands together to support my ministry. A movement by the name of Simunye (we are one- Khethani/ Winterton- Black & White) was formed with the vision to undertake the preaching of the gospel with joint efforts.

In the beginning of 2004 Simunye offered to lease a house in town for me and my family which they pay a monthly rental up to date. I then began to have roots in Winterton and concentrated in ministering to different sectors of the community. My wife has always been my right hand in this ministry. One Anglican White lady introduced me to her friend from the U.S.A. who donated $25 000. With contributions from the local churches (Simunye) the 300+ seater church building was put up. Our USA donor passed away in September 2008. Thanks be to God for her life! The building is not 100 percent complete but it's usable. That’s where we now gather for worship. We thank God that He enabled us to build such a good relationship with the local White churches (Simunye).  At the same time we never hid our Baptist identity which they respected and were willing to support us being who we are!" 

 Joseph Dladla.  

Vryheid tent  

Al die jare wat ons in Natal gewerk het, was dit ons doelwit om te werk waar mense geestelik verwaarloos is.  Om die rede het ons groot stede vermy en meer op die afgelee plekke gekonsentreer.  Die gebied waar die tent opgeslaan is, het geen Christelike kerke nie.  Die Sioniste en Shembe (Shembe is hul swart messias) groepe is al kerke in in die omgewing.  Die werkers het 'n groot belangstelling in die Evangelie van die jongmense se kant ervaar.  Van die tweede dag af het hulle in groepe gekom met allerhande vrae en probleme.  Verskeie jongmense het gevra dat ons hulle moet help om by die Here uit te kom.

 Vrystaat tent  

Samuel is nog steeds besig met werk op die plase.  Hy is twee keer deur 'n kerk in Bloemfontein genooi as een van die sprekers by 'n konferensie.  Intussen is hy in sy omgewing besig met dienste op die plase.

 

Uit die Admin. kantoor 

Aangesien ons finansiële ondersteuning van die SA Gemeente in London kry moet Ria gereeld verslag doen hoe die geld bestee word.  Hulle is ook 'n nie winsgewende organisasie en moet aan hulle regering 'n uiteensetting kan gee waarom hulle donasies aan ons gee en waarvoor.  Ook wil hulle Ouditeure gereeld 'n volledige uiteensetting hê oor hoe ons hulle donasies gebruik in ons Bediening.  Dit is 'n groot en verantwoordelike taak om al die aangevraagde inligting aan hulle korrek deur te gee!

 

"Don't fool yourselves, bad friends will destroy you. If you hang

around and associate with evil people, your good character will become

corrupted and your good morals depraved. Don't let anyone deceive

you about this. Associating with bad people will ruin decent

people. Wicked friends lead to evil ends"

(1Corinthians 15:33, pastor's paraphrase).

And, here's an inescapable question - If someone spent time

with you, what kind of person would they become?    

- Ryle -

 

 Gebed:

Danksegging:

 -      Dank die Here vir die veiligheid en bewaring van die werkers,

-       vir finansiële voorsiening

-       en vir ons kantoor personeel.  (Ria en Stephanie).

-       Ons dank die Here vir Francois Pretorius, ons voorsitter, en al die raadslede wat met toewyding die  

        werk van MET bestuur.

 Versoeke:

 

Algemeen

-       Die jaarlikse kamp in Augustus (11-13) van al die werkers.  Die spreker is dr. Erol Wagener van George.

-       Bid vir die tentleiers, vir geesvervulde passie en visie vir 'n verlore wêreld.

-       Bid vir die studente wat Teologiese opleiding kry deur Veritas kolleg.

-       Bid dat die Here jongmanne sal red en roep vir die bediening.  Die oes is gereed, die arbeiders min.

-       Die spanne bid vir jongmanne wat tot bekering sal kom en vir opleiding na 'n Bybelskool gestuur kan word. 

-       Bid vir die tentleiers, vir geesvervulde passie en visie vir 'n verlore wêreld.

 

Empageni

-       Ons benodig 'n nuwe tent.

-       ons benodig nog werkers

-       Ons benodig 'n klankstel, 'n truprojektor en projektor skerm.

-       Bid asb vir veldtogte vir die jaar.

 

Vryheid

-       Bid asb vir die groei van die Evangelie in hierdie donker gebied.

-       Bid vir eenheid tussen die spanwerkers

-       vir vrug op die arbeid

-       vir voorsiening van 'n videoprojektor

-       vir studente

 

Vrystaat

-       Bid dat die Here 'n honger en dors na God in die harte van die jongmense van die OVS sal werk.

-       Bid vir meer toegewyde werkers en blanke betrokkenheid.

-       Bid ook asb vir Samuel en Maureen wat voltyds in die OVS besig is.

-       bid asb vir ondersteuners

-       en 'n groter tent

 

Wes-Kaap 

-       Bid asb. saam met ons vir blyplek op die dorp vir Sophia en Simon.

-       Ek ervaar 'n mate van mismoedigheid wanneer ek die wanhopige toestand sien waarin die plaasarbeiders verkeer. Bid asb. vir genade om te volhard.

-       Bid asb. vir wysheid en insig tydens beradingsessies.

-       Bid asb. saam met ons vir insig en wysheid rondom die beplanning van geestelike kampe. 

-       Bid asb. vir die boere se same-werking in die verband.

-       Bid asb.  vir jong manne wat saam met ons kan werk.

-       Ons benodig 'n karavaan.

 

Groete  in Christus

Die MET werkers en Raadslede.

 

 

Terug na bo

Hit Counter

Non-Profit Organisation Reg. No.: O55-756-NPO

Kopiereg /Copyright : Geen / None

Opdatering / Last update : July 30, 2010