Mobile Evangelisation Tents

 

 
 

Ons werkswyse

 

Aandprogram

   

Wat is die karakter van 'n Tentveldtog:

reddot.gif (852 bytes)  Die program van die aanvanklike veldtog bou op na 'n hoogtepunt.

reddot.gif (852 bytes) Elke aanddiens het 'n tema en elkeen wat die aand aan die program deelneem, raak 'n faset van die aand se tema aan.

reddot.gif (852 bytes) Die eerste paar aande gaan dit oor sonde en die verlore toestand van die mens asook verootmoediging en gebrokenheid as kenmerk van egte bekering.

reddot.gif (852 bytes) Daarna word Christus se versoeningswerk vanuit elke denkbare hoek verduidelik.

reddot.gif (852 bytes) Daarna kom die kontroversiële sake soos voorvaderaanbidding, sekere nie christelike groepe w.o. die Sioniste en ander bygelowe onder die soeklig.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit is eers hier teen die einde van die veldtog dat 'n geleentheid geskep word vir mense om 'n oorgawe te maak.  Die rede is dat ons eers wil hê dat mense baie duidelik sal verstaan en 'n kosteberekening sal maak voordat hulle tot so 'n ingrypende besluit oorgaan.

 

 

 

   

Daaglikse program

 

.

 

 

 

 

 

 

 

 

Van 10vm-3nm word mense vir gebed en persoonlike evangelisasie genooi.

 

Ons ervaar dat die bediening teenoor siekes en demonies gekweldes 'n geseënde evangelisasie geleentheid is (Mark 16:15-17).

Mense wat andersins nooit bereik sou word nie, word nou bereik.  Diegene wat vir persoonlike bediening en gebed kom word nie op 'n oppervlakkige wyse benader nie. 

 

 

 

 

 

 

 

Nasorg - wie neem verantwoordelikheid?

   

 

The mission of the Church is missions. You must go or send a substitute!!
- Oswald J. Smith -

Van 8vm - 10vm elke dag is die span besig met Bybelstudie en gebed.

Vaderskap eis verantwoordelikheid. Om die rede wil M.E.T. nie net geestelike baba's maak en dan vertrek nie. Die aanvanklike veldtog duur ongeveer twee weke.  Daarna moet die bekeerlinge geestelik versorg word.  Indien die gasheer dit nie kan bekostig dat ons langer as 'n maand veldtog en opvolg doen nie, wil ons voor die aanvang van die veldtog die versekering hê dat die gasheer wel verantwoordelikheid vir die "geestelike baba's" sal neem

Mense met probleme word ook nie net haastig die hande opgelê nie.  Indien 'n persoon nie 'n begeerte het om sy verhouding met God reg te stel nie, word daar nie vir so 'n persoon gebid nie, maar die Evangelie word weer aan die persoon verduidelik.

 
     
 

Wat ons sien, bemoedig ons egter om aan te gaan.  Skelms, veediewe, onsedelikes, predikante en gesinne se lewens word verander deur die Woord van God.

 

 

 

Terug na bo

Hit Counter

Non-Profit Organisation Reg. No.: O55-756-NPO

Kopiereg /Copyright : Geen / None

Opdatering / Last update : July 30, 2010